Die Hindi Wikipedia is die Hindi uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlyn ensiklopedie. Die Wikipedia is in Julie 2003 begin. Dit het tans 163 775 artikels, en is die 62ste grootste Wikipedia. In Julie 2010 kondig Google aan dat hulle saam met die Hindi-wikipediane werk om Engelse artikels na Hindi te vertaal. Na slegs 3 maande is meer as 600 000 woorde met 'n kombinasie van Google Translate en handmatige kontrole vertaal. Hierdie gekoördineerde vertaling het tot 'n 20% groei gelei.